Lied van hoop
As die storm wolke verdwyn, sal die son weer kom skyn
Dis n koue seisoen wat in my hart ontvries
Uit ’n moederskoot gedoop is die tekens van hoop
Seisoene vasgevang in die emosie van tyd
Kom weer kom wind jaag die wolke aan
Die son sal skyn diep binne in my
Kom sing kom dans laat jou hande juig
Steek die fakkels aan laat vreugdes vure brand
As die wereld draai om sy as, en die mense sy voorspoed verraai
Die melkweg se lyn in die donkernag verdwyn
Kryt kerse wat ontplof, gesiggies verdof
Genadelose dade van die tyd
Kom weer kom wind jaag die wolke aan
Die son sal skyn diep binne in my
Kom sing kom dans laat jou hande juig
Steek die fakkels aan laat vreugdes vure brand
Lig jou vredesvlag omhoog, laat jou liggie helder skyn
Spreek woorde van hoop dis tyd om jou man te staan
Vroue, families en kinders, herenig in geloof
Bly volhard en brand ’n kers van hoop
Kom weer kom wind jaag die wolke aan
Die son sal skyn diep binne in my
Kom sing kom dans laat jou hande juig
Steek die fakkels aan laat vreugdes vure brand
Kom weer kom wind jaag die wolke aan
Die son sal skyn diep binne in my
Kom sing kom dans laat jou hande juig
Steek die fakkels aan laat vreugdes vure brand